Tuesday 24 February 2015

Cape Mile

Die Cape Mile is deur Stillwater Sport georganiseer. Hulle het n vreeslike indrukwekkende "stadion" gebou. Na jou swem moes jy omtrent 300 m oor die hele krieketveld loop (tussen die beeshekke deur) om jou medalje te kry. Hier het ons ook n chip aan die been gehad soos met Midmar. Waar my Midmar tyd ooreengestem het met die tyd op my Garmin was die voorlopige tyd in ooreenstemming maar hul finale tyd was aangepas en was omtrent n minuut uit met my Garmin.

Dit was n baie lekker swem met baie mede deelnemers (weet nie waarom hulle nie almal ook by die WP swem nie) so ek kon weer eens net vir hulle dophou om om te sien waar ek moet swem.

Ek voltooi dit in die 8 ste plek in n tyd van 34 min 50 sekondes en volgens my Garmin in 33 minute 26 sekondes. Ek swem 1:53 minute per 100 meter oor die afstand van 1777m. Ek was spyt dat ek nie ook vir die ander myle ingeskryf het nie, maar mens skryf vir n ouderdomsgroep in en swem dan 'n kategorie.

My familie het almal ander dinge aan so ek is alleen by die geleentheid. Ek benut die kans om die ander swemmers dop te hou. Marizanne Grundlingh wat ek by Sunningdale swembad ontmoet het swem haar eerste plek los in die 30-40 kategorie. Sy swem met verskriklike mooi lang hale en dit lyk absoluut gemaklik en moeiteloos as sy swem. Sy sĂȘ wat onder die water aangaan is die belangrike ding!

No comments:

Post a Comment